Skip to content

Brand by psigiatriese saal in Charlotte Maxeke-hospitaal onder beheer

# Die Gautengse Departement van Gesondheid het vanmiddag ‘n brand bevestig in die vroulike psigiatriese saal by die Charlotte Maxeke Johannesburg Akademiese Hospitaal. ‘n Psigiatriese pasient het na bewering haar bed aan die brand gesteek toe sy geëis het om vrygelaat te word. Geen beserings is aangemeld nie. Sekuriteitspersoneel en die Stad Johannesburg se brandweerspan het die brand vinnig geblus en die rook verwyder. Pasiënte is as voorsorgmaatreël ontruim en die polisie en hospitaalbestuur ondersoek die voorval.