Skip to content

Botsing in Limpopo eis die lewens van vier gevangenes en polisiebeampte

# Die polisie in Limpopo het bevestig vier gevangenes en ‘n polisiebeampte is vanoggend dood toe ‘n polisievangwa buite Mookgopong in Limpopo omgeslaan het. Die polisiewoordvoerder, Hlulani Mashaba sê die voertuig het gevangenes van Mokopane na Mookgopong vervoer vir ‘n hofverskyning toe die voorval plaasgevind het. Owerhede ondersoek die oorsaak van die ongeluk.