Skip to content

BOSA vier Vrouedag met vreeslose voostelle vir bemagtiging

# Build One South Africa sal Vrouedag gebruik om daadwerklike hervormings om ekonomiese insluiting en veiligheid van vroue te bevorder. Met verwysing na kommerwekkende geslagsgeweld statistiek en die ekonomiese ongelykheid, doen BOSA ‘n beroep vir dringende optrede oor simboliek. Belangrike ingrypings sluit ‘n regverdige en billike betalingwetsontwerp, openbare toegang tot die seksoortredersregister, en provinsiale anti-geslagsgeweld taakspanne. BOSA se Adjunkleier, Nobuntu Hlazo-Webster sal ook ‘n nasionale vroueveldtog lei. Die party sê die tyd vir werklike verandering en werklike leierskap vir vroue het aangebreek.