# Build One South Africa het die DA se planne om die lewering van noodsaaklike munisipale dienste in die Stad Johannesburg te privatiseer, in geheel verwerp. BOSA-woordvoerder, Graham Charters, sê die DA se verkiesingsmanifes vir 2026 stel ‘n veel groter rol voor vir private maatskappye in die finansiering, instandhouding en bedryf van munisipale dienste soos water, elektrisiteit en afvalbestuur. Hy sê Johannesburg se gebroke infrastruktuur en onbetroubare dienste vereis dringende optrede. Die aanstel van meer privaat sektor-operateurs kan nie die regstelling van die grondliggende mislukkings van plaaslike regering vervang nie.
BOSA verwerp DA se plan vir privatisering van openbare dienste in Johannesburg