# Build One South Africa het die besluit deur die minister van Finansies, Enoch Godongwana verwelkom om die verwydering van die direksie van die Openbare Beleggingskorporasie te oorweeg. Die leier van BOSA, Mmusi Maimane, sê die stap erken diepgaande bestuursmislukkings by die instelling. Graham Charters van die party vra ‘n onafhanklike tussentydse raad, ‘n forensiese ondersoek, openbare bekendmaking van bevindinge en sterker parlementêre toesig. Hy sê omvattende institusionele hervorming is nodig om vertroue in die OBK te herstel:
BOSA verwelkom Godongwana se besluit oor die raad van die OBK [KLANK]
ENG ChartersOnPIC