Skip to content

BOSA-leier Maimane lewer toespraak by bekendstelling van Thuto-leertoepassing

# Build One South Africa se leier, Mmusi Maimane, lewer vandag by die Amandasig Secondary School in Pretoria ʼn toespraak by die bekendstelling van die Thuto-toepassing. Thuto gebruik kunsmatige intelligensie om lesse in ooreenstemming met die kurrikulum aan te bied en dit wat leerders in die klas leer, vas te lê. Die platform beloon leerders met Thuto Coins, wat finansiële geletterdheid aanmoedig en leerders leer om te verdien, te spaar en geld verantwoordelik te bestee. BOSA sê die toepassing gebruik tegnologie om Suid-Afrikaanse leerders in aanloop tot die 2025-matriekeksamen te ondersteun.