# Build One South Africa het amptelik aangekondig Roger Solomons is sy kandidaat vir burgemeester van die Stad Kaapstad, vir die plaaslikeregeringsverkiesing in November. Solomons het sy veldtog, met die tema, Kaapstad se volgende hoofstuk: ‘n Stad wat almal kan bekostig, van stapel gestuur. Hy sê die verkiesing bied ‘n geleentheid om voort te bou op die stad se administratiewe suksesse terwyl die groeiende bekostigbaarheidskrisis, erge ongelykheid en ander hindernisse wat talle inwoners verhinder om in Kaapstad se voorspoed te deel, uit die weg geruim word.
BOSA kondig Roger Solomons as burgemeesterskandidaat van Kaapstad aan