# Die Randburgse Landdroshof het die borgaansoeke van 12 Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag lede tot môre [Don] uitgestel om toe te laat vir die nagaan van hul adresse. Hulle staar ernstige aanklagte in die gesig, insluitende moord, ontvoering, bedrog, en dwarsboming van die gereg. Phindi Mjonondwane van die Nasionale Vervolgingsgesag sê die SANW lede word daarvan aangekla dat hulle twee Ethiopiese burgers in 2022 ontvoer het en word ook verbind met die skietdood van ‘n lid van die Valke, Frans Mathipa, wat die saak ondersoek het.