# Minstens 26 mense is dood in ‘n bootongeluk op die Niger-rivier in die suide van Nigerië. Die boot het handelaars na ‘n mark op die teenoorgestelde oewer vervoer. Ongelukke is algemeen op Nigerië se besige riviere, en word dikwels veroorsaak deur oorlaaide bote, swak onderhoud of versuim om aan veligheidsmaatreëls te voldoen. Verlede maand het ‘n oorlaaide veerboot in die staat Niger omgeslaan nadat dit vermoedelik ‘n boomstomp getref het, en minstens 32 mense het verdrink.
Bootongeluk in Nigerië eis minstens 26 lewens