Skip to content

Boot op pad na Gaza met Greta Thunberg aan boord na Israelse hawestad gesleep

# Die Madleen van die Freedom Flotilla Coalition het gisteraand in die Israelse hawestad Asdod vasgemeer nadat Israel dit onderskep het. Die boot het humanitêre hulp en menseregte-aktiviste, insluitend die klimaataktivis Greta Thunberg, aan boord. Die Israelse ministerie van Buitelandse Sake sê die passasiers is medies ondersoek en na die Ben Gurion-lughawe geneem om na hul tuislande teruggeneem te word. Hy voeg by dié wat weier om die deportasiedokumente te onderteken en Israel te verlaat, sal voor ʼn regsowerheid verskyn.