Skip to content

Boks: Usyk vermorsel Dubois om sy onbetwiste kroon terug te wen

# Boks: Oleksandr Usyk het sy plek as een van boks se grootstes verder bevestig deur Daniel Dubois in die vyfde ronde te te wen, en ‘n twee-malige onbetwiste swaargewigkampioen te word. Die Oekraïner het ‘n boksmeesterklas aangebied voor 90-duisend geesdriftiges by Wembley Stadion. Dubois se drome om die eerste Brit te word wat die gewigsafdeling in die vier-belt era te oorheers, isverpletter toe die 38-jarige Usyk hom twee keer in die vyfde ronde plat geslaan, en hy het die tweede keer op die grond gebly. Usyk het Dubois ook in 2023 uitgeslaan om sy perfekte rekord van 24 agtereenvolgende oorwinnings as professionele bokser te behou.