# Boks: Die Suid-Afrikaanse bokser Kevin ‘Two Guns’ Lerena beloof om Saterdag in Londen die voormalige Britse ligswaargewig-kampioen Lawrence Okolie se vlam te blus. Lerena, die Wêreld-boksraad se super-ligswaargewig-kampioen, sal vir die Silwer Swaargewigtitel teen Okolie baklei in ‘n voorgeveg vir die herontmoeting tussen Daniel Dubois en Oleksandr Usyk op die Wembley-stadion. Lerena, wat terugkeer na swaargewigaksie, het ‘n rekord van 31 oorwinnings en drie nederlae. Hy sien uit na ‘n uitklopoorwinning in die geveg oor 12 rondes.
Boks: Kevin ‘Two Guns’ Lerena ‘reg vir ‘n geveg’ in swaargewig kragmeting teen Okolie van Brittanje