Skip to content

Gemengde gevegskuns: Dricus du Plessis gaan sy middelgewigtitel in Augustus verdedig

# Gemengde gevegskuns: Die Suid-Afrikaner Dricus du Plessis gaan sy onbestrede wêreld-middelgewigtitel op 17 Augustus op UFC 319 in die United Centre in Chicago verdedig teen die Rus Khamzat Chimaev. Du Plessis het in Februarie sy titel behou toe hy die Amerikaner Sean Strickland verslaan het. Hy het 20 van sy 23 gevegte met uitklophoue gewen, terwyl Chimaev se onoorwonne rekord 16-0 is.