# Boks: Boks Suid-Afrika het die super-middelgewigkampioen Asemahle “The Predator” Wellem op voorsorgskorsing geplaas vir herhaaldelike oortreding van regulasies. Uitvoerende hoof Tsholofelo Lejaka sê Wellem hou aan om in Tanzanië te boks sonder toestemming, met ‘n volgende geveg wat môre teen Idowa Rasheed van Nigerië plaasvind. Hierdie is die derde voorval. Die titel is vakant verklaar nadat Wellem se lisensie opgeskort is. ‘n Tugverhoor word beplan.
Boks: Asemahle Wellem se lisensie word opgeskort en titel vakant verklaar