Skip to content

Black Business Council verdedig Swart Ekonomiese Bemagtiging te midde van kritiek

# Die Black Business Council het Swart Ekonomiese Bemagtiging verdedig te midde van toenemende kritiek oor die beleid. Die raad se voorsitter vir Openbare Verkrygingsbeleid, Tumelo Mahusi, sê die beleid se tekortkominge word dikwels oordryf. Haar kommentaar kom te midde van ‘n voortdurende debat oor die doeltreffendheid van Suid-Afrika se beleide vir ekonomiese transformasie. Die debat duur voort oor hoe die implementering daarvan die beste verbeter kan word. Mahusi sê Swart Ekonomiese Bemagtiging is steeds belangrik vir die bevordering van ekonomiese insluiting, die ondersteuning van swart besighede en die aanspreek van historiese ongelykhede.