Skip to content

Binnelandse Sake vra egpare om gebruiklike huwelike voor Augustus-sperdatum te registreer

# Die Departement van Binnelandse Sake vra kwalifiserende egpare om hul gebruiklike huwelike te registreer voor die spesiale registrasietydperk aan die einde van die maand sluit. Die minister van Binnelandse Sake het die spesiale registrasievenster van 1 September 2024 tot 31 Augustus vanjaar ingestel om egpare toe te laat om hul huwelikstatus te bevestig. Die departement waarsku om nie tot op die nippertjie te wag nie, en sê ‘n stormloop kan lei tot lang toue en vertragings by sy kantore.