# Binnelandse Sake se gebou in Germiston, Gauteng, is vanoggend aan die brand gesteek te midde van gewelddadige betogings oor uitsettings in die middestad. Betogers eis volgens berigte om gratis in die Pharoepark-woonstelgebou te woon. Die Ekurhuleni-nooddienste, die polisie en die verkeersafdeling is ontplooi. Die owerhede het President-, Queen- en Jackstraat gesluit terwyl die brandweer die brand bestry en wetstoepassers probeer om orde te herstel. Die situasie wek kommer oor moontlike skade aan noodsaaklike regeringsdienste.
Binnelandse Sake se gebou in Germiston aan die brand gesteek