Skip to content

Binnelandse Sake ontken kennisgewing van beloning van R250 vir uitwys van ongedokumenteerde buitelanders

# Die Departement van Binnelandse Sake sê ‘n kennisgewing op sosiale media oor ‘n beloning van 250‑rand vir die uitwysing van ongedokumenteerde buitelanders is vals en kom nie van die departement of minister Leon Schreiber nie. Die publiek word aangemoedig om inligting eers deur amptelike kanale te bevestig voor dit gedeel word. Die departement sê almal moet ‘n rol speel om betroubare inligting te bevorder, verantwoordelik op te tree en die oppergesag van die reg te respekteer.