Skip to content

BIN – Internasionale Maritieme Organisasie gaan 11 000 seevaarders ontruim wat in die Straat van Hormuz gestrand is

# Die Internasionale Maritieme Organisasie sê hulle begin met ‘n ontruimingsplan vir meer as 11-duisend seevaarders wat steeds in die Straat van Hormoes gestrand is. Dit volg op die ondertekening van die ooreenkoms tussen die VSA en Iran verlede week. Beperkings wat tydens die oorlog ingestel is, het die verkeer deur die kritieke deurgang ontwrig en duisende bemanningslede op skepe vasgekeer gelaat. Veertien seevaarders is in aanvalle tydens die konflik dood. Die organisasie sê hulle het die nodige veiligheidswaarborge verkry om die ontruimingsoperasie te ondersteun.