# Atletiek: Die Suid-Afrikaanse viertal, Bayanda Walaza, Sinesipho Dambile, Bradley Nkoana en Akani Simbine het goud verower in die mans se 4×100-meter by die Wêreldatletiek-afloskampioenskap in Guangzhou, China. Simbine het die Amerikaner, Brandon Hicklin, agternagesit en die wenstreep in ‘n tyd van 37,61-sekondes oorgesteek, die vinnigste ter wêreld vanjaar. Die VSA was in die tweede plek en Kanada derde. Gaerdeo Isaacs, Udeme Okon, Leendert Koekemoer en Zakithi Nene het goud vir Suid-Afrika in die mans se 4×400-meter verower. Suid-Afrika het ook die brons in die vroue se 4×400-meter gewen.
Atletiek: Span SA wen drie medaljes by die Wêreld-afloskampioenskap in China