# Die Beweging vir Morele Hernuwing in Noordwes doen ‘n beroep op leerders om buitensporige vieringe ná die voltooiing van hul eksamens te vermy. Hulle waarsku teen alkohol- en dwelmmisbruik, roekelose bestuur en geweld, aangesien hierdie aktiwiteite jong lewens in gevaar kan stel. Die organisasie se provinsiale koördineerder, Lesiba Kgwele, het ook ‘n beroep op leerders gedoen om nie hul skooluniforms te beskadig nie, maar dit eerder aan behoeftiges te skenk. Kgwele het kroeg-eienaars daaraan herinner om nie alkohol aan minderjarige leerders te verkoop nie:
Beweging in Noordwes maan matrikulante om roekelose partytjies ná die eksamen te vermy [KLANK]
ENG KgweleOnPensDown