# Betogers het gister in Noord-Duitsland saamgetrek en geëis dat die hoofverdagte in die verdwyning van Madeleine McCann uit sy woonplek moet padgee. Meer as 150 betogers het byeengekom oor die verblyfplek van die 48-jarige veroordeelde pedofiel en verkragter Christian B. Hy word deur die Duitse polisie daarvan verdink dat hy die driejarige Madeleine in 2007 uit haar ouers se vakansiewoonstel in Portugal ontvoer het. Sedert sy vrylating uit die tronk in September kon hy nie blyplek kry nie omdat baie hotelle hom uitsit sodra hulle besef wie hy is. Hy is ook deur sommige skuilings vir haweloses weggewys.
Betogers in Duitsland eis verwydering van Madeleine McCann-verdagte