Skip to content

Bestuurder van geel Porsche in Kaapstad aangekeer vir dronkbestuur na botsing

# Die bestuurder van ‘n geel Porsche is in hegtenis geneem nadat hy vanoggend op FW de Klerk-boulevard in Kaapstad teen ‘n minibus-taxi gebots het. Verkeersbeamptes sê sy bloedalkohol-vlak was meer as dubbel die wettige perk. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, het die roekelose daad gekritiseer en gewaarsku dat wetteloosheid nie geduld sal word nie. Twee-honderd-35 mense is die afgelope week in die metro in hegtenis geneem en byna 46-duisend boetes uitgereik.