# Die verdagte in die skietery tydens die dinee van die Withuis-korrespondentevereniging verlede maand het onskuldig gepleit. Cole Tomas Allen staan tereg op vier aanklagte. Dit is ‘n poging tot sluipmoord op president Donald Trump, die vervoer van ‘n vuurwapen met die doel om ‘n misdaad te pleeg, die afvuur van ‘n vuurwapen en aanranding met ‘n dodelike wapen. Aanklaers beweer Allen het deur ‘n sekuriteitskontrolepunt gestorm by die Washington Hilton-hotel, waar die geleentheid gehou is, en ‘n skoot op ‘n agent van die Amerikaanse geheime diens afgevuur. Hy is deur agente gekeer voordat hy die balsaal kon bereik.
Beskuldigde in skietery tydens Withuis-korrespondentedinee pleit onskuldig