Skip to content

Berugte Mexikaanse dwelmbaas onder 29 wat aan Amerika uitgelewer is

# Mexiko het 29 lede van beweerde dwelmkartelle aan Amerika uitgelewer. Onder hulle is die berugte dwelmbaas Rafael Caro Quintero, wat in Amerika gesoek is vir die moord op ‘n Amerikaanse agent 40-jaar gelede. Dit is een van die grootste uitlewerings in Mexiko se geskiedenis en ‘n belangrike stap vir die lande se bilaterale veiligheidsbetrekkinge. Dit volg nadat die Amerikaanse president, Donald Trump, gedreig het om tariewe op Mexikaanse invoere in te stel en hulle daarvan beskuldig het dat hulle nie dwelmhandel en migrasie bekamp nie.