Skip to content

Benchmarks-stigting waarsku mynbouwetsontwerp teiken moontlik nie sleutelfigure in onwettige mynbedrywighede nie

# Die Benchmarks-stigting sê voorgestelde veranderings aan Suid-Afrika se mynbouwette sal moontlik nie die steutelfigure in onwettige mynbousindikate teiken nie. Die Wysigingswetsontwerp op Algemene Mynbouwette stel voor onwettige mynbedrywighede en verwante bedrywighede moet tot misdade verklaar word, met boetes van tot 100-miljoen-rand en tronkstraf van tot 30-jaar. ‘n Navorser, David van Wyk, sê die owerhede moet die mense opspoor wat misdaadsindikate befonds en daarby baat vind, eerder as om slegs mynwerkers te teiken.