Skip to content

Bemiddelaars Katar en Pakistan sê gesprekke tussen Amerika en Iran was positief en opbouend

# Die bemiddelaars, Pakistan en Katar, sê die samesprekings tussen Amerika en Iran in Switserland het in ʼn positiewe en opbouende atmosfeer plaasgevind. Die bemiddelaars sê in ʼn verklaring die partye het ingestem dat ʼn hoëvlak-komitee saamgestel word, wat politieke oorsig oor die mediasie sal hou. Washington en Teheran het ingestem tot ʼn sel om konflik in Libanon te verminder. Die bemiddelaars sê ʼn kommunikasie-kanaal is tussen die partye gevorm om voorvalle en swak kommunikasie te vermy sodat handelsvaartuie veilig deur die Straat van Hormoes kan geweeg.