# Die polisie bied ʼn beloning van 150-duisend-rand aan vir inligting oor waar Jabulani Moyo hom bevind. Moyo is ʼn verhoorafwagtende gevangene wat Vrydag twee speurders in Roodepoort, Gauteng, doodgeskiet het toe hulle hom van die Roodepoort-landdroshof terug tronk toe vervoer het. In Mpumalanga, is sersant Lawrence Mtshweni Saterdag doodgeskiet toe hy op ʼn inbraak gereageer het. Die nasionale polisiekommissaris, Fanie Masemola, sê in albei gevalle word alles moontlik gedoen om die verdagtes vas te trek:
Beloning van R150 000 vir inligting oor polisiemoordenaar Jabulani Moyo [KLANK]
ENG MasemolaOnSuspects