# Belangrike Moslemlande het hul steun verklaar vir ‘n plan van die Amerikaanse president Donald Trump om die oorlog in Gaza te beeïndig, terwyl sommige Palestyne die plan as ‘n “klug” afgemaak het. Agt Arabiese of Moslem-meerderheidslande sê hulle verwelkom Trump se opregte pogings om die oorlog te beeïndig. In ‘n gesamentlike verklaring het Egipte, Jordanië, die Verenigde Arabiese Emirate, Turkye, Katar, Saoedi-Arabië, Indonesië en Pakistan hul bereidwilligheid uitgespreek om positief en konstruktief met die VSA en die ander partye te skakel om ‘n skikking te bereik en om die implimentering te verseker.
Belangrike Moslemlande steun Trump se plan om die oorlog in Gaza te beeïndig