Skip to content

Belangegroepe in vervaardigingsbedryf vra duidelikheid oor beleid

# Belangegroepe in die vervaardigingsbedryf het die Nasionale Tesourie versoek om te verduidelik waarom vervaardiging dalk nie Suid-Afrika se hoofbron van toekomstige groei vir werksgeleenthede sal wees nie. Die Suider-Afrikaanse Federasie vir die Staal- en Ingenieursbedryf, die Manufacturing Circle en Polasa sê vervaardiging bly noodsaaklik vir industriële ontwikkeling, uitvoere en ekonomiese veerkragtigheid. Hulle waarsku dat gemengde beleidsboodskappe beleggersvertroue en langtermynbelegging kan ondermyn. Die organisasies doen ‘n beroep op ‘n bestendige en konsekwente beleidsomgewing, gerugsteun deur infrastruktuurbelegging en verkrygingshervormings om die sektor te versterk en volhoubare werksgeleenthede te skep.