Skip to content

Behuisingsprojek in Limpopo ervaar terugslae namate stortreën bouwerk ontwrig [KLANK]

# Die Departement van Samewerkende Regering, Menslike Nedersettings en Tradisionele Sake in Limpopo het kommer uitgespreek oor vertragings in die Marapong Gemeenskaps-behuisingsprojek as gevolg van swaar stortreën in die Waterberg-distrik. Die behuisingsprojek, wat daarop gemik is om bekostigbare huureenhede vir lae-inkomsteverdieners te bied, sal moontlik nie sy oorspronklike sperdatum in Junie haal nie. Amos Phago van die departement sê kontrakteurs werk tans vinniger om in te haal en hy versoek begunstigdes om geduldig te wees:

ENG PhagoOnDisruption