Skip to content

Behari en Mkhwanazi kry borgtog van R50 000 elk in Ekurhuleni-korrupsiesaak

# Die geskorste adjunkhoof van die Ekurhuleni-metropolisie, Julius Mkhwanazi, en die geskorste hoof van regsdienste, Kemi Behari, is elk op borgtog van 50-duisend-rand vrygelaat in ‘n beweerde korrupsiesaak. Die voormalige stadsbestuurder van Ekurhuleni, Imogen Mashazi, en die geskorste hoof van menslike hulpbronne, Linda Gxasheka, het ook in die landdroshof in Germiston verskyn op aanklagte wat verband hou met die bloulig-skandaal waarby Vusimusi “Cat” Matlala betrokke is. Mkhwanazi se prokureur, Tian Peters, het gevra dat sy kliënt se borgtogaansoek sonder verdere vertragings gefinaliseer word.