Skip to content

BEGROTING: Tesourie identifiseer 4 323 vermeende ‘spookwerkers’ op regering se betaalstaat

# Die Nasionale Tesourie het vier-duisend-323 hoërisiko- of vermeende “spookwerkers” op die regering se betaalstaat geïdentifiseer. Die gevalle behels persone wie se identiteit of indiensnemingsbesonderhede nie geverifieer kon word nie, asook individue wat moontlik fiktief is, of reeds oorlede is maar steeds staatsalarisse ontvang. Die Tesourie konsolideer die bevindinge van sy ondersoeke in samewerking met die Departement van Staatsdiens en Administrasie en die Finansiële Intelligensiesentrum. Die regering sê hy sal in volgende jaar se begroting terugvoer gee oor die bevindinge en die stappe wat gedoen is.