# Die Raad vir Gesondheidsbefondsers gaan die ontwikkeling van ‘n kerndienspakket ondersoek. Dit sal ‘n praktiese beginpunt bied om te bepaal watter noodsaaklike gesondheidsdienste binne beskikbare hulpbronne aan alle Suid-Afrikaners beskikbaar moet wees. Besturende direkteur Katlego Mothudi sê Suid-Afrika beskik reeds oor ‘n gevestigde model vir gesamentlike gesondheidsorg wat gratis by die diensleweringspunt aangebied word. Hy sê dit toon openbare en privaat hulpbronne kan ingespan word vir ‘n gemeenskaplike nasionale doelwit:
Bedryfsleiers vra kernpakket van gesondheidsdienste om gesondheidsdekking vir almal te bevorder [KLANK]
ENG MothudiOnPackage