# Basketbal: Die Nartional Basketball Association sal van die wedstryde in sy 2025-26 seisoen in Londen en Berlyn speel. Die Memphis Grizzlies en die Orlando Magic speel teen mekaar op 15 Januarie in Berlyn, en drie dae later in Londen. Die uitvoerende hoof van NBA Europa, George Aivazoglou, sê die besluit om die wedstryde te skuif is ‘n aanduiding van die reusemomentum en belangstelling vir NBA-basketbal in Frankryk, Duitsland, Brittanje en reg oor die streek. Die NBA het onderneem om ses wedstryde vir die volgende drie seisoene in Europa te speel.
Basketbal: NBA neem normale seisoenwedstryde na Berlyn en Londen