# Basketbal: Die voorspeler van die Los Angeles Lakers, LeBron James, het geskiedenis gemaak deur die eerste National Basketball Association speler te word om vir sy 23ste seisoen aan te meld. Die 40-jarige is terug by die Lakers vir die 2025/26 seisoen deur sy 935-miljoen-rand speler-opsie uit te oefen. Hy het reeds die meeste punte in die NBA aangeteken, en kort nog 49 wedstryde om die rekord te oortref. Hy sal nou aan ‘n volle veldtog saam met Luka Doncic deelneem. Doncic gaan besmoontlik ‘n drie-jaar kontrakverlenging van 2,8-miljard-rand met die LA Lakers sluit.