Skip to content

Balwin kry lening van R1-miljard om bekostigbare groen huise in Tshwane te bou

# Balwin Properties het ‘n lening van een-miljard-rand van die Internasionale Finansieringskorporasie verkry om meer as 14-duisend-500 bekostigbare, omgewingsvriendelike huise in Mooikloof Smart City in Tshwane op te rig. Die projek, wat deel is van die Presidensiële Strategiese Inisiatief, sal werkskepping en toegang tot behuising ‘n hupstoot gee. Die woonstelle sal aan groen boustandaarde voldoen en energie en water bespaar. Die uitvoerende hoof van Balwin, Steve Brookes, sê die vennootskap steun bekostigbare behuising en dra by tot die land se groei. Die regering finansier die projek se grootmaat-infrastruktuur.