Skip to content

AZAPO kritiseer Mantashe se aanstelling as Minister van Polisie, noem dit ‘n klap in die gesig

# AZAPO sê die minister van Minerale en Petroleumbronne, Gwede Mantashe, se aanstelling as waarnemende minister van Polisie, is ‘n teken van swak leierskap. Die organisasie het verwys na Mantashe se betrokkenheid by beweerde korrupsie en as ‘n persoon van belang in die Zondo-kommissie. Azapo waarsku alhoewel Mantashe nie aangekla is soos die afgetrede hoofregter Raymond Zondo gevra het nie, wek die stap kommer oor botsende belange. AZAPO beklemtoon dit is ‘n teken van president Cyril Ramaphosa se minagting oor die herstel van integriteit en die bekamping van misdaad in Suid-Afrika.