# Die Suid-Afrikaanse komediante, Jason en Nicholas Goliath, keer terug met ʼn splinternuwe weergawe van The Happiness Economy-komedietoer. Die vertoning sluit steeds komiese selfbesinning in, maar die 2025-weergawe bevat ook nuwe stories, en onthullings uit die twee se persoonlike lewens en landwye optredes. Jason sê die vertoning is interaktief, persoonlik en heeltemal anders as wat […]
# Die Ministerie van Elektrisiteit en Energie sê die Aankoopprogram vir Onafhanklike Kragprodusente van Battery-energieberging was deursigtig en mededingend. Dit volg op die versoek van die MK-party vir ‘n ondersoek nadat die multi-miljard-rand energietender aan Mulilo Energy toegestaan is. Die voorsitter van die maatskappy is Eskom se gewese operasionele hoof, Jan Oberholzer. Van die vyf […]
# Die MK-party sê die Padongelukkefonds se raad moet verwyder word oor die omstredenheid van die uitvoerende hoof, Collins Letsoalo se posisie. Die raad het gister ʼn besluit om Letsoalo op spesiale verlof te plaas, teruggetrek en met ʼn skorsing vervang. Die party het aan die parlementêre portefeuljekomitee oor Vervoer gesê die besluit om hom […]
# Die Onderwys- en Opleidingsowerheid vir Chemiese Nywerhede, CHIETA, sê groen waterstof is ʼn weg na ekonomiese vernuwing en klimaatsweerstandigheid, en met die regte vaardighede kan Suid-Afrika die pad aanwys. Die Gehalteraad vir Ambagte en Beroepe het drie nuwe Nasionale Kwalifikasieraamwerk Vlak 4 groenwaterstof-vaardigheidsprogramme goedgekeur. Dit is groenwaterstof-vervaardiging, groenwaterstof-berging en -oordrag, en groenwaterstof-tegnologie. CHIETA se […]
# Die Global Environment Facility het befondsing aangekondig vir drie nuwe projekte onder leiding van die VN-omgewingsprogram. Dit is die globale ondersteuningsprogram vir klimaatdeursigtigheid, die wêreldwye uitskakeling van kwik in die produksie van nie-ysterhoudende metale in Suid-Afrika, en die uitskakeling van kwik in vel-bleikmiddels in Afrika. Die drie projekte wil praktiese oplossings bied vir ernstige […]
# Die miljardêr Elon Musk het president Donald Trump se belasting- en bestedingswetsontwerp gekritiseer en dit verregaande en ʼn gruwel genoem. Die wetsontwerp wat duisend-miljarde-dollar se belastingverligting insluit, is verlede maand in die Huis van Verteenwoordigers aanvaar. Musk, wat die Trump-administrasie verlede week verlaat het, sê die Kongres maak Amerika bankrot. Die Republikeinse huis-speaker, Mike […]
# Krieket: Protea-hoofafrigter Shukri Conrad het berigte verwerp dat sy aanstelling as Suid-Afrika se witbal-afrigter enigiets met Heinrich Klaasen se uittrede te doen het. Conrad is verlede maand aangestel as die Protea-afrigter vir alle formate. Dis ʼn maand nadat Klaasen, selfs nie eens as witbalspeler, nie ingesluit is by Krieket Suid-Afrika se sentrale kontraklys nie. […]
# Die Demokratiese Party se kandidaat Lee Jae-myung het die Suid-Koreaanse blitspresidentsverkiesing met byna 50-persent van die stemme gewen. Sy hoofteenstander, Kim Moon-soo van die konserwatiewe People Power Party, het die nederlaag erken. Hy sê hy berus in die mense se besluit. Die verkiesing het gevolg na die vorige president Yoon Suk Yeol aangekla en […]
# Die EFF in Gauteng sê die provinsiale regering moet ʼn deelnemende rol in die ekonomie speel omdat dit nie volhoubaar is om op beleggers staat te maak nie. Die LUR vir Finansies en Ekonomiese Ontwikkeling, Lebogang Maile, het die 2025/2026-begroting van 172,3-miljard-rand voorgelê. Dis 886,6-miljoen-rand meer as die een wat vroeër vanjaar ingedien is. Die […]