# Gauteng se LUR vir Finansies en Ekonomiese Ontwikkeling, Lebogang Maile, sê dié provinsie is Afrika se toerisme-poort wat die beste met die wêreld verbind is. Meer as 3,8-miljoen internasionale passasiers het in die 2024/2025-boekjaar die provinsie binnegekom. As gevolg van hierdie toename was internasionale toeriste se bydrae tot die ekonomie 41-miljard-rand terwyl die teiken 29-miljard-rand […]
# New Line se gruwelfliek, Weapons, het die naweek kritici en gehore betower en in sy eerste naweek boaan die trefferlys verskyn by Noord-Amerikaanse kaartjiekantore. Die fliek met Julia Garner en Josh Brolin in die hoofrolle gaan oor ʼn groep vermiste kinders. Disney se Freakier Friday met Lindsay Lohan en Jamie Lee Curtis het sy debuut […]
# Die Wêreld Meteorologiese Organisasie sê hy werk daaraan om vroeë hittewaarskuwingstelsels te bevorder onder die Early Warnings for All-projek. Die projek wil universele beskerming bied teen gevaarlike hidro-meteorologiese, klimaat- en verwante omgewingsprobleme deur lewensreddende vroeë waarskuwingstelsels. Uiterste temperature het tussen 2000 en 2019 jaarliks sowat 489-duisend hitteverwante sterftes veroorsaak. Hiervan was 36-persent in Europa en […]
# Vyf joernaliste van Al Jazeera is dood in ‘n Israelse lugaanval naby die Al-Shifa-hospitaal in Gazastad. Anas al-Sharif, een van Al Jazeera se bekendste gesigte in Gaza, Mohammed Qreiqeh en drie kameramanne was in ‘n tent vir joernaliste by die hospitaal se hoofhek toe dit geteiken is. Die Israelse Weermag het die aanval bevestig […]
# Tennis: Die vyfmalige Grand Slam-kampioen, Carlos Alcaraz, het sy Cincinnati Ope-veldtog met ʼn oorwinning afgeskop. Die Spanjaard het Damir Dzumhur van Bosnië in die tweede ronde verslaan. Die 2019-kampioen van Rusland, Daniil Medvedev, het teen die Australiër, Adam Walton, verloor. Die sesde gekeurde Australiër, Alex de Minaur, en die Britse nommer twee, Cameron Norrie, […]
# Die ANC-integriteitskommissie het volgens berigte adjunkpresident Paul Mashatile van blaam onthef wat sy luukse wonings Waterfall in Gauteng en Constantia in Kaapstad betref. Mashatile het onderdruk gekom nadat hy twee luukse eiendomme van sowat 65-miljoen-rand verklaar het. Hy het vroeër ontken dat hy die eienaar is, en aangevoer die huis in Constantia behoort aan […]
# Amerika se ambassadeur by die Verenigde Nasies se veiligheidsraad, Dorothy Shea, het Israel verdedig en sê dié land het die reg om te besluit wat die beste is vir sy veiligheid en sy burgers. Die veiligheidsraad het Sondag ʼn noodvergadering gehou terwyl teenkanting toeneem oor Israel se plan om Gazastad oor te neem en […]
# Gholf: Die Suid-Afrikaner Dean Burmester het sy tweede individuele LIV-gholftitel gewen nadat hy die Spanjaarde, Jon Rahm en Josele Ballester, in Chigaco op die eerste uitspeelputjie verslaan het. Burmester het sy aanvanklike voorsprong van twee houe verloor met drie agtereenvolgende houe oor baansyfer, maar het uiteindelik op nege onder 204 klaargemaak. Daar was ook […]
# COPE het Teboho Loate as tussentydse leier aangestel tot die Verkiesingskongres in Desember. Die party se president, Mosiuoa Lekota, het uit politiek getree om op sy gesondheid te fokus. COPE het sy nasionale komiteevergadering die naweek in Gauteng gehou. Loate sê onder die huidige regering van nasionale eenheid het die ANC die staat verswak […]