# Die EFF-leier Julius Malema eis dat die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, onmiddellik gedagvaar word om voor die parlementêre ad hoc-komitee wat polisiekorrupsie ondersoek, te verskyn. Die komitee oorweeg om sy opdrag te verander wat hom sal toelaat om bewyse van ander getuies te kry voor dié van Mkhwanazi, wat die eerste getuie op die […]
# Johannesburg se burgemeester, Dada Morero, het gemeenskappe wat deur watertekorte geraak word, verskoning gevra en gesê die metro doen alles binne sy vermoë om die stelsel te herstel. Gemeenskappe in Westbury, Ebony Park, Tsakane en Vlakfontein het die strate ingevaar om betroubare watervoorsiening te eis en sommige betogings het in geweld ontaard. In Westbury […]
# Die adjunkminister van Finansies, David Masondo, sê die regering gaan voort om ekonomiese en fiskale hervormings, soos skuldvolhoubaarheid, na te streef om Suid-Afrika se ekonomie op ‘n volhoubare grondslag te plaas. In 2025/2026 word verwag dat staatskuld sal bestendig op 77,4-persent van die bruto binnelandse produk. Masondo sê namate skulddienskoste daal, kan sommige van […]
# Die Poolse weermag sê hy het hommeltuie afgeskiet wat sy lugruim geskend het tydens ‘n Russiese aanval op Oekraïne. Dit is die eerste keer dat die land regstreeks met Russiese teenwoordigheid in sy lugruim te doen het sedert die Oekraïnse oorlog in 2022 begin het. Moskou het vroeër die week sy grootste lugaanval ooit […]
# Die Realness Institute, in vennootskap met The StoryBoard Collective en die Canada Media Fund, het die vier Afrika-deelnemers vir die 2025 AuthenticA Series Lab aangekondig. Hulle is Ghana se storieverteller Gamel Apalayine, Nigeries-Britse digter en filmmaker, Joladé Olusanya, bekroonde Keniaanse draaiboekskrywer, Mona Ombogo, en bekroonde Egipties-Kanadese filmmaker, Reem Morsi. Die program gee draaiboekskrywers ‘n […]
# Poland’s military says it shot down drones that violated its airspace during a Russian attack on Ukraine today. This marks the first time the country has directly engaged Russian assets in its airspace since the Ukraine war started in 2022. Earlier this week, Moscow launched its biggest-ever air assault on Kyiv, with more than […]
# Meer as 20-duisend inskrywings van 30 lande is vir die Musiekfotografie-toekennings ontvang. Abbey Road Studios het die benoemdes aangekondig met twee nuwe kategorieë wat bygevoeg is: portrette en feeste. Die foto’s wat ingeskryf is, beeld onder ander sterre soos Chapple Roan, Lana Del Rey, Charli XCX, Maggie Rogers, Doja Cat, and Burna Boy uit. […]
# Die Parlement se Staande Komitee oor Toedelings doen ‘n beroep op dringende stappe en politieke wil om voldoende befondsing vir die Grensbestuursowerheid te verseker. Volgens die Departement van Binnelandse Sake maak die BMA se goedgekeurde organisatoriese struktuur voorsiening vir 11-duisend-115 personeellede. Slegs twee-duisend-566 poste is egter gevul. Tans is die BMA onderbefonds met meer […]
# Die Withuis-perssekretaris, Karoline Leavitt, sê die Amerikaanse weermag het president Donald Trump in kennis gestel van Israel se aanval op Hamas in Doha, en hy het opdrag gegee dat Katar voor die aanval gewaarsku word. Israel het gister ‘n ongekende aanval teen Hamas-leierskap in Katar uitgevoer, wat ‘n sleutelbemiddelaar in die wapenstilstandgesprekke in Gaza […]