# Tennis: Die Italianers Sara Errani en Andrea Vavassori is die tweede agtereenvolgende jaar die Amerikaanse Ope-gemengde dubbelspelkampioene. Hulle het die derde-gekeurde Iga Swiatek en Casper Ruud in ‘n valbylpot verslaan op die Arthur Ashe-stadion in New York. Dit is slegs die vyfde keer dat ‘n gemengde dubbelspelspan agtereenvolgens die Grand Slam-toernooi kon wen, en […]
# Suider-Afrika het die potensiaal om ‘n florerende natuurlewe-ekonomie te ontwikkel wat regstreeks tot mense se lewensbestaan bydra terwyl bioverskeidenheid beskerm word. Dit is volgens die adjunkminister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Narend Singh. Hy sê wat nodig is, is die kartering en monitering van die gereeldheid en ligging van konflikvoorvalle tussen mens en […]
# Daily Maverick het nuwe beeldmateriaal vrygestel van die joernalis Pieter-Louis Myburgh se berugte ontmoeting met die geskorste uitvoerende hoof van die Onafhanklike Ontwikkelingstrust, Tebogo Malaka. Sy het teenoor eNCA haar rol in die beweerde omkopery van 60-duisend-rand ontken en beweer dit was ‘n lokval. Malaka hou vol sy het nie die ontmoeting aangevra nie […]
# Die Internasionale Strafhof het nuwe Amerikaanse sanksies teen sy regters en aanklaers verwerp. Die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake het nuwe sanksies ingestel teen twee regters en twee aanklaers van die hof vir hul pogings om Amerikaanse en Israeliese burgers te vervolg. Die ISH sê die sanksies is ‘n blatante aanval op die onafhanklikheid […]
# Die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake het nuwe sanksies teen vier amptenare van die Internasionale Strafhof aangekondig, insluitend twee regters en twee aanklaers. Die departement beweer die amptenare was instrumenteel in pogings om Amerikaners en Israeliete te vervolg. Enige bates wat die amptenare in Amerikaanse jurisdiksies hou, is nou gevries. Dié strafmaatreëls is gemik […]
# Solidariteit sê adjunkpresident Paul Mashatile se jongste verdediging van swartbemagtiging is totaal verwyderd van die werklikheid van wat swartbemagtiging is en doen. Mashatile het die land se transformasiebeleid in antwoord op ‘n parlementêre vraag verdedig en verklaar dat die Wet op Swart Ekonomiese Bemagtiging nie diskriminerende wetgewing is nie. Solidariteit se Theuns du Buisson […]
# Die Parlement se gekose komitee oor Ekonomiese Ontwikkeling en Handel het die besluit van die minister van Toerisme, Patricia de Lille, verwelkom om die SA Toerismeraad onmiddellik te ontbind. Volgens die minister het die raad sy magte oorskry deur ‘n raadslid aan te stel om sommige van die funksies van die vorige voorsitter, professor […]
# Die Gautengse Onderwysdepartement het bevestig dat 19 leerders van die West Ridge High School en drie van Hoërskool Roodepoort geskors is. Dit volg na leerders van die twee skole verlede Vrydag en weer Maandag in gewelddadige onderonsies betrokke was, waartydens drie leerlinge beseer is en die skoolhoof van Hoërskool Roodepoort met ‘n mes gesteek […]
The headlines of the leading newspapers on 21 August 2025: NATIONAL: # Business Day: Reports the representatives of world banks are trying to convince Constitutional Court judges that the Competition Commission should be prohibited from prosecuting them over a decade-old rand manipulation saga. # And the Netwerk24 website: Reports president Cyril Ramaphosa is in Japan […]