Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 22 September 2025: NASIONAAL: # Business Day: Berig Suid-Afrika se eerste groot toets van onteiening sonder vergoeding sal beslis word kragtens verouderde wetgewing weens president Cyril Ramaphosa se versuim om die Onteieningswet van 2024 in werking te stel. Sakeliga sê die Driefontein-saak kan ‘n presedent skep vir […]
# Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, verwerp die erkenning van ʼn onafhanklike Palestynse staat as ʼn absurde beloning vir terreur. Dit volg nadat die Verenigde Koninkryk, Kanada en Australië amptelik hul erkenning van ʼn Palestynse staat bekendgemaak het. Netanyahu sê hy het jare lank, ten spyte van geweldige plaaslike en internasionale druk, die skep […]
# Motorsport: Red Bull-jaer Max Verstappen het ʼn sy vierde oorwinning van die seisoen by die Azerbeidjan Grand Prix behaal. George Russell van Mercedes was tweede en Carlos Sainz derde in sy eerste podiumplek vir Williams. Lando Norris van McLaren was sewende. Die gaping tussen hom en sy teenstander en spanmaat, Oscar Piastri, het tot […]
# Die parlementêre gekose komitee oor Ekonomiese Ontwikkeling en Handel vra die regering om dringend ʼn nasionale krisisberaad oor werksverliese te hou. Coca-Cola Beverages South Africa is die jongste maatskappy wat afleggings aangekondig het en beplan om 680 mense af te lê en aanlegte in Bloemfontein in die Vrystaat en Oos-Londen in die Oos-Kaap te […]
# Rugby: Die Springbokke het heelagter Willie le Roux ingesluit by hul groter oefengroep in Durban, waar hulle voorberei om Argentinië te takel in Saterdag se voorlaaste Rugbykampioenskapswedstryd op Kingspark. Die 36-jarige Le Roux wat nie in die groep van 33 vir die laaste twee Kampioenskapswedstryde teen die Pumas was nie, oefen tot Woensdag saam […]
# Solidariteit sê hy het ʼn voorgestelde handelsraamwerk tussen Suid-Afrika en Amerika bekendgemaak. Die vakbond beskryf sy besoek aan Amerika as ʼn uitgebreide gemeenskaps-diplomatieke besoek. Connie Mulder van Solidariteit sê die raamwerk fokus veral op die beskerming van eiendomsregte en dat Amerikaanse maatskappye van swart ekonomiese bemagtiging uitgesluit word. Hy sê die raamwerk stel voor […]
# Die Verenigde Koninkryk, Kanada en Australië het amptelik erkenning aan Palestina as staat gegee. Dis in aanloop tot die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering dié week in New York. Die dodetal in Gaza sedert Hamas se inval op 7 Oktober 2023 en die Israelse Weermag se reaksie daarop, staan op sowat 65-duisend. Die Verenigde […]
# Atletiek: Suid-Afrika het ‘n bronsmedalje in die mans 4×400-meter-aflos op die laaste dag van die Wêreldatletiekkampioenskap in Tokio verower. Botswana het goud gewen en die eerste Afrika-wenners van die byeenkoms geword. Span SA met Lythe Pillay, Udeme Okon, Wayde van Niekerk en Zakithi Nene het ná die VSA klaargemaak. Intussen het die Amerikaner, Melissa […]
# Amnestie Internasionaal sê die geskiedenis sal die VSA nie vergewe oor hul standpunt teen die internasionale gemeenskap, en Israel in sy sogenaamde volksmoord teen die Palestyne in Gaza versterk nie. Dit volg nadat die VSA verlede week vir die sesde keer ‘n konsepresolusie van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad geveto het. Die resolusie het […]