# Die Franse rolprentster Gerard Depardieu is ‘n opgeskorte vonnis van 18-maande opgelê nadat ‘n Paryse hof hom skuldig bevind het aan die seksuele aanranding van twee vroue op ‘n rolprentstel in 2021. Die hof het ook gelas dat Depardieu as ‘n seksoortreder geregistreer moet word, ‘n skouspelagtige val van glorie vir die 76-jarige wat […]
# Tennis: Carlos Alcaraz het die kwarteindronde van die Italiaanse Ope bereik. Hy mik steeds na eerste titel in Rome nadat hy die Rus Karen Khachanov met 6-3, 3-6, 7-5 geklop het. Die derde gekeurde Spanjaard het nog nooit vantevore ’n stel teen Khachanov in hul vorige vier ontmoetings afgstaan nie. Alcaraz moet die halfeindronde […]
# Eskom het aangekondig fase 2-beurtkrag sal vanaf 4-uur vanmiddag tot 10-uur Donderdag-aand geld gedurende aand-spitstye. Dit is omdat verskeie opwekkingseenhede nog nie in werking gestel is ná onderhoudswerk gedoen is nie, en ‘n bykomende verlies van een-duisend-385 megawatt weens onbeplande onderbrekings. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê spanne werk daaraan om die kragstelsel bestendig […]
# Die Amerikaanse president, Donald Trump, het vandag in Saoedi-Arabië ’n koninklike verwelkoming gekry aan die begin van ’n toer deur die Golf-lande. Dit is die eerste staatsbesoek van sy tweede termyn. Die fokus sal hoofsaaklik op handelsooreenkomste val. Vegvliegtuie het Air Force One begelei voordat lang erewagte hom by die lughawe ingewag het, en […]
# Krieket: Die Suid-Afrikaanse afrigter, Shukri Conrad, het ‘n groep van 15-spelers aangewys vir die eindstryd van die Wêreldtoetskampioenskap teen Australië op Lord’s in Londen van 11 tot 15 Junie. Die spelers sal op 31 Mei in Engeland bymekaarkom voor ‘n vierdaagse opwarmingswedstryd teen Zimbabwe. Die span bestaan uit kaptein Temba Bavuma, David Bedingham, Corbin […]
# Statistieke SA sê die Kwartaallikse Arbeidsmagopname vir die eerste kwartaal toon die aantal mense wat in die formele sektor in diens was het met 245-duisend afgeneem, maar indiensneming in die informele sektor het met 17-duisend toegeneem. Die meeste toenames is aangeteken in Vervoer, Finansies en Nutsdienste. Afnames is aangeteken in Handel, Bouwerk, Privaat huishoudings, […]
# Werkloosheid in Suid-Afrika het met een persentasiepunt gestyg vanaf die vierde kwartaal verlede jaar tot die eerste kwartaal in 2025. Statistieke SA het aangekondig die Kwartaallikse Arbeidsmagopname toon ‘n afname van 291-duisend in die getal werkende mense en ‘n toename van 237-duisend in die getal werklose mense. Hierdie veranderings het veroorsaak dat die amptelike […]
# Rugby: Japan het strenger reëls aangekondig om plaaslike Japanese spelers meer tyd op die veld te gee. Meer as helfte van die spelers wat verlede seisoen in die eindstryd van die land se hoogste rugbyafdeling, die Japan Rugby League One-kampioenskap die wedstryd begin het, is oorsee gebore. Vanaf die 2026/27-seisoen sal Rugby League One-klubs […]
# Sokker: Een van die mees bekroonde afrigters in die sport, Carlo Ancelotti, het ingestem om Brasilië se nuwe hoofafrigter te word. Die 65-jarige Italianer sal Real Madrid aan die einde van die seisoen verlaat. Hy sal volgende maand in beheer wees van Brasilië se Wêreldbeker-kwalifiseerders teen Paraguay en Ecuador. Ancelotti is een van die […]