# Die adjunkminister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Zuko Godlimpi, pleit vir beter toegang tot finansiering vir kleinskaalse suikerrietboere. Hy het die regering, banke en rolspelers in die bedryf gevra om befondsingsmodelle te ontwikkel wat boere help om lenings, versekering en toerusting te bekom. Volgens Godlimpi moet bestaande befondsing beter gekoördineer word, eerder as om […]
# Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement beskou Binnelandse Sake se suksesvolle hervormingsprogram vir digitale hervorming as ‘n model om doeltreffendheid en dienslewering te verbeter. Die sukses van die “Home Affairs @home”-hervormings bevat die uitbreiding van toegang tot meer as ‘n duisend dienspunte en die verwerking van meer as ‘n miljoen slim identiteitskaart-aansoeke. Die LUR, Jaco Londt, sê […]
# Die Vereniging van Staatsamptenare sê die toenemende waterkrisis in Suid-Afrika dreig om die ekonomie onbestendig te maak, ongelykheid te verdiep en beleggersvertroue te ondermyn. Volgens die vakbond het aanhoudende watertekorte, agteruitgaande infrastruktuur en ‘n gebrek aan daadkragtige regeringsingryping daartoe gelei dat miljoene burgers nie oor betroubare toegang tot water beskik nie. Woordvoerder Claude Naicker […]
# Die Ebola-uitbreking in die Demokratiese Republiek die Kongo oorskry nou tien-duisend gevalle, wat dit die grootste in die land se geskiedenis maak. Dit is ook die tweede grootste uitbreking wêreldwyd. Die DRK het tienduisend-en-sestig gevalle aangemeld, met vierduisend-887 sterftes. Kenia en Nigerië het vroeër die maand hul eerste gevalle aangemeld wat met die huidige […]
# ‘n Koalisie van burgerregte-organisasies, waaronder Fossil Free South Africa en die StopEACOP-koalisie, het ‘n amptelike klagte ingedien by die Advertensie-reguleringsraad waarin Standard Bank se omgewingsreklame as misleidend bestempel word. Woordvoerder Zaki Mamdoo sê hulle vra die reguleerder om Standard Bank se bewerings oor sy leiersrol in volhoubare befondsing en klimaatsoptrede deeglik te ondersoek, aangesien […]
# Meer as 100 honde in die DBV in Centurion het siek geword na hulle besoedelde water gedrink het. Die honde het simptome van braking en diarree getoon. Dit volg terwyl die metro tans worstel teen verskeie waterverwante uitdagings, insluitend die voortdurende besoedelingskrisis in Bronkhorstspruit en kommer oor watergehalte in dele van Hammanskraal. Die voorsitter […]
# Rugby: Engeland se eerstekeuse-losskakel, Fin Smith, moet nog van sy fiksheid bewys vir volgende Sondag se Nasieskampioenskaps-tuiswedstryd teen Australië. Hy het ‘n kuitbesering opgedoen terwyl hy vir Northampton teen Leicester gespeel het. Engeland se afrigter, Steve Borthwick, sê Smith het goeie vordering gemaak en hy hoop hy sal beskikbaar wees. Die Suid-Afrikaans-gebore Benhard Janse […]
# Limpopo se Gesondheidsdepartement het toesig- en beheermaatreëls vir malaria in die Sekhukhune-distrik verskerp nadat sewe gevalle in Marble Hall en Moganyaka bevestig is. Al sewe pasiënte het behandeling ontvang en is besig om te herstel. Woordvoerder Neil Shikwambana sê geen muskietlarwes of volwasse muskiete is tydens aanvanklike evaluering opgespoor nie. Hy sê verdere omgewings- […]
# Tshwane se burgemeester, Nasiphi Moya, sê herstelwerk aan Bronkhorstspruit se watersuiweringsaanleg het ‘n belangrike fase bereik. Dit volg op ‘n noodingryping deur die metro en Rand Water om veilige drinkwater te verseker nadat meer as 300 mense maagdermsiektes opgedoen het weens onbehandelde water. Woordvoerder Zintle Mahlati sê voorbereidings vir die filtrasiestelsel is ongeveer 90-persent […]