# Die Stad Tshwane sê hy het ʼn gekoördineerde operasionele reaksieplan ingestel om Rand Water se onderbreking vir instandhoudingswerk wat vandag begin, te hanteer. Instandhouding aan die Palmiet- en Zuikerbosch-waterstelsels sal na verwagting voorsiening aan 69 reservoirs in Streek 1, 2, 3, 4 en 6 raak, en groot druk plaas op die metro se waterverspreidingsnetwerk. […]
# Die vakbond Giwusa sê die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee se besluit om die terugkoopkoers met 25 basispunte te verhoog, is ʼn voortsetting van klas-uitbuiting deur woeker-afpersing. Die komitee se besluit kom te midde van stygende verbruikerspryse wat deur konflik in die Midde-Ooste veroorsaak word. GIWUSA-president, Mametlwe Sebei, sê werkersklas-verteenwoordiging op die beleidskomitee en […]
# Die GOOD-party in Tshwane sê die veelparty-koalisieregering help die metro deur goeie bestuur uitstyg. Dit volg op die tweede opeenvolgende suksesvolle voorlegging van ‘n ten volle befondsde begroting wat na verwagting ‘n oorskot van 1,4-miljard-rand sal behaal. Sarah Mabotsa van GOOD sê in Oktober 2024 het vorige DA-geleide administrasies die metro diep in die […]
# Die DA het Stellenbosch se onderburgemeester, Mynard Slabbert, gevra om binne 48 uur te bedank en voer ʼn verlies aan vertroue onder koukuslede aan. Die koukus het met ʼn oorweldigende meerderheid ten gunste van ʼn mosie van wantroue in die onderburgemeester gestem. Jan de Villiers van die DA sê hulle sal seker maak hulle […]
# US Treasury Secretary, Scott Bessent, says the administration is escalating pressure on Iran’s airline network, as part of broader sanctions enforcement tied to nuclear negotiations. The US and Iran are reportedly close to reaching a deal which would include extending the ceasefire, reopening of the Strait of Hormuz and negotiating on Tehran’s nuclear programme. […]
# Standard Bank sê die Suid-Afrikaanse landbousektor staar nuwe finansiële druk in die gesig met die besluit van die Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee om die rentekoers met 25 basispunte tot sewe-persent te verhoog. Dis te midde van inflasie, hoër brandstofpryse en kommer oor ‘n moontlike El Niño. Standard Bank se hoof van Landbousake vir Sakeondernemings […]
# Die vakverbond Saftu sê die Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee se besluit om rentekoerse met 25 basispunte tot sewe-persent te verhoog, is ekonomies roekeloos en maatskaplik vernietigend. Die basiese uitleenkoers is nou 10,5-persent. Saftu-woordvoerder Asive Dyani sê die besluit om koerse te verhoog is heeltemal verwyderd van die werklikheid van miljoene werkers en arm mense […]
# Die Gautengse Gesondheidsdepartement het ‘n verskoning uitgereik aan studentverpleërs wat weens administratiewe vertragings nie hul toelaes ontvang het nie. Menslike Hulpbronnebestuur is besig om die nodige dokumente voor te berei. Die woordvoerder van die departement, Steve Mabona, sê die betrokke lêers word by e-Regering ingedien om die uitbetaling van die sowat 500 betrokke studente […]
# The European Union has sanctioned four entities and three individuals, it says, who are “extremist Israeli settlers” responsible for serious and systematic human rights abuses against Palestinians in the West Bank. Under the sanctions, all individuals and entities are subject to an asset freeze and also face a travel ban. Among those designated is […]