# Die Healthy Living Alliance het met ʼn reeks promosietoere in Atteridgeville, Pretoria, begin om verpligte waarskuwingsetikette op voedselprodukte te eis. Kommunikasiebestuurder Zukiswa Zimela sê hulle wil druk op die regering plaas om voor op produkte ʼn waarskuwing te plaas dat dit baie sout, suiker of versadigde vette bevat. Die veldtog samel onder meer handtekeninge […]
# Die Gautengse wetgewer se portefeuljekomitee oor Gemeenskapsveiligheid verwelkom premier Panayaza Lesufi se besluit om die hoof van die Departement Gemeenskapsveiligheid, Nontsikelelo Sisulu, en die finansiële hoof, Mduduzi Malope, te skors. Dit volg op die uitslag van ‘n forensiese ondersoek wat ernstige finansiële onreëlmatighede aan die lig gebring het. Die komitee se voorsitter, Bandile Masuku, […]
# Die leier van die EFF, Julius Malema, vra die Parlement se nuwe ad hoc-komitee wat korrupsie en politieke inmenging in die Polisiediens ondersoek, om gevangenes te ondervra wat kan lig werp op misdaadsindikate. Die komitee het gister sy eerste vergadering gehou waar Soviet Lekganyane van die ANC tot voorsitter verkies is. Malema sê die […]
# Olympic Games: US president Donald Trump says he thought the US Olympic and Paralympic Committee would have cracked down on transgender athletes participating in women’s sports even without his influence. He has signed an executive order to establish a White House task force to coordinate the federal government’s preparations for the 2028 Games in […]
# Die Ministerie van Verdediging en Militêre Veterane verwerp bewerings dat minister Angie Motshekga weier om voor die Parlement te verskyn. Die DA sê die minister word beskerm teen aanspreeklikheid vir die rampspoedige ontplooiing van Weermaglede in die Demokratiese Republiek die Kongo en 813-miljoen-rand waarvan die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag nie kan rekenskap gee nie. Die […]
# Die Stad Tshwane sê die watersuiweringsaanleg in Bronkhorstspruit is van vandag weer ten volle in bedryf. Dit volg nadat die aanleg se vermoë tot 50-persent verminder is terwyl filtreer-rubbers vervang is. Die metro sê die gebiede wat geraak is, soos Bronkhorstspruit se dorpsgebied, Ekangala, Ekandustria, Rethabiseng, Riamapark en Zithobeni, sal vandag weer water hê.
# Die DA het die Stad Tshwane gestriem oor sy besluit om te appelleer teen die Gautengse Hooggeregshof se beslissing dat die maandelikse skoonmaakheffing van 194-rand onregmatig en ongeldig is. AfriForum het in die hof aangevoer die heffing is ʼn onregverdige dubbele belasting op dienste wat nie gelewer word nie. Die metro voer aan die […]
# Die burgemeester van Tshwane, Nasiphi Moya, het ‘n Geïntegreerde Stedelike Bestuursprogram van stapel gestuur. Die program bring dienste van verskeie departemente bymekaar in spesifieke sakegebiede om geïdentifiseerde diensleweringsagterstande op te los. Die burgemeester se woordvoerder, Zintle Mahlati, sê die dienste sluit in die sny van gras, rommelverwydering, die herstel van slaggate en teer van […]
# Vier Palestynse betogers sal na verwagting vandag in die Wes-Kaapse Hooggeregshof verskyn na hul protes gister buite Cape Union Mart-winkels. Die Palestine Solidarity Campaign beweer Cape Union Mart befonds die Israelse weermag en is medepligtig is aan die Gaza-konflik. Die maatskappy ontken die bewerings en het ‘n interdik-aansoek ingedien om die PSC te verhoed […]