# Die South African Future Trust span saam met Standard Bank as die hoofborg vir die 2025 SAFT-beraad in Gauteng in November. Die beraad, wat vir die derde keer aangebied word, verskaf ‘n ongeëwenaarde geleentheid vir entrepreneurs, beleggers en innoveerders om onder een dak bymekaar te kom. Naledzani Mosomane van Standard Bank sê die beraad […]
# Die DA in Noordwes doen ‘n beroep vir dringende optrede en sê riglyne oor olifantbestuur by die Madikwe-wildreservaat word blatant deur provinsiale owerhede verontagsaam. Dit volg na die Noordwes-parke- en toerismeraad en die provinsiale regering na bewering ses ononderhandelbare riglyne van die Parlement se portefeuljekomitee oor Bosbou, Visserye en Omgewing geïgnoreer het. Andrew de […]
# Rugby: Springbok assistant coach Tony Brown says it is vital they deliver a quality 80-minute performance against Argentina to get the desired result. South Africa face the Los Pumas in their penultimate Rugby Championship match in Durban on Saturday. All four participating teams, the Wallabies, Boks, All Blacks, and Pumas, are still in the […]
# Die Nelson Mandela Universiteit sê hy beleef ʼn merkwaardige groei in nagraadse aansoeke. Volgens September-data het nagraadse aansoeke tot dusver met 47,8-persent toegeneem van 12-duisend-357 in 2025 tot 18-duisend-268 in 2026. Aanvaarding het in dieselfde tydperk met 42,56-persent toegeneem van 592 tot 844. Studentewerwing se adjunkdirekteur, Jo-Ann Daniels, sê die groeiende belangstelling in nagraadse […]
# Die Vereniging van Staatsamptenare doen ‘n beroep op die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee om ‘n rentekoersverlaging tydens sy laaste vergadering in November te oorweeg. Die Reserwebank het verlede week om die repokoers onveranderd op sewe-persent te laat, terwyl die prima uitleenkoers op 10,5 persent bly. Claude Naicker van die staatsdiensvakbond sê staatsamptenare en […]
# Die Vryheidsfront Plus sê die Ekurhuleni Munisipaliteit moet gekeer word in sy poging om grond sonder vergoeding te onteien. Die metro het geweier om te betaal vir ‘n 34-hektaar eiendom wat hulle in 2019 vir behuisingsontwikkeling in Driefontein gekonfiskeer het. Die eiendom is destyds op nie minder nie as 30-miljoen-rand gewaardeer, met latere onafhanklike […]
# Die Stad Tshwane sê hy merk abnormale hoë watergebruik op in Streek 1 met Soshanguve wat die meeste gebruik. Die onvolhoubare gebruik het die Soshanguve L-sone sonder water gelaat. Die metro se woordvoerder, Lindela Mashigo, sê deur saam te werk kan die waterstelsel se balans herstel en strenger beperkings in die komende dae vermy […]
# Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, het die Bana Pele-massaregistrasieveldtog vir vroeë kinderontwikkeling verwelkom, wat tienduisend VKO-sentrums suksesvol geregistreer en goedgekeur het. Dit is drie maande voor die oorspronklike sperdatum van 31 Desember. Die minister het die mylpaal beskryf as ‘n oorwinning vir kinders, praktisyns en gemeenskappe oor die hele land. Die departement […]
# Die Stad Johannesburg se Departement van Ekonomiese Ontwikkeling sê pogings om die metro as ‘n spilpunt vir ekonomiese groei te posisioneer, duur voort, insluitend die ontsluiting van die potensiaal van nywerheidsparke. Die burgemeester Dada Morero het ‘n teiken gestel om die metro se ekonomie met drie persent te laat groei, en die meeste van […]