# Die Nelson Mandela-kinderfonds, in vennootskap met die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling, het Kindermaand 2026 van stapel gestuur, met die tema “Veilig om te speel, vry om te floreer“. Die veldtog fokus op die voorkoming van geweld teen kinders en die versterking van kinderbeskerming in huise, skole, gemeenskappe en aanlyn omgewings. Die veldtog beklemtoon ook […]
# Die politieke ontleder, professor Piet Croucamp, meen die DA sal sy boodskap aan kiesers moet aanpas indien die party sy steun wil uitbrei en die ANC wil verbygesteek. Die DA behou ‘n volstrekte meerderheid in sy vesting Kaapstad maar sukkel om sterk steun te werf onder swart werkersklaskiesers en kiesers in landelike gebiede. Croucamp […]
# Die onafhanklike data-ontleder Michael O’Donovan voorspel ‘n rekord-lae kiesersopkoms in die plaaslikeregeringsverkiesing en verwag minder as die helfte van die geregistreerde kiesers sal deelneem. Altesaam 29-miljoen Suid-Afrikaners is geregistreer om te stem. Hy sê dit word al hoe moeiliker om ‘n party te kies, aangesien stempatrone verander het. O’Donovan neem Johannesburg as voorbeeld en […]
# Die waarnemende direkteur-generaal van die Regeringskommunikasie- en Inligtingstelsel Nomonde Mnukwa, sê meer moet gedoen word om vroue tot leiersposisies te bevorder. Sy het gister ‘n paneelbespreking op die EmpowaHer-leierskapsberaad 2026 in Randburg gelei. Mnukwa sê jong vrouwe worstel steeds met uitdagings soos beperkte toegang tot vaardighede, befondsing en marktoegang. Sy voeg by verskeie regeringsprogramme […]
# Die GOOD-party se burgemeesterskandidaat in Kaapstad, Brett Herron, het planne uiteengesit om behuising bekostigbaar te maak, openbare veiligheid te verbeter en groter aanspreeklikheid te verseker. Herron het aan die SABC gesê die stad se vervoeruitdagings moet aangepak word, en meer bekostigbare behuising moet nader aan werkgeleenthede opgerig word. Hy stel voor munisipale besteding moet […]
# IVP-ondersteuners is vandag in Ulundi, KwaZulu-Natal, vir die party se laaste verkiesingsbyeenkoms. Die party se president Velenkosini Hlabisa sal die Siyanqoba-byeenkoms op die Prince Mangosuthu Buthelezi-stadion toespreek, waar hy mense sal aanmoedig om leiers te verkies wat betekenisvolle verandering bring. Die party se nasionale woordvoerder, Mkhuleko Hlengwa, sê die IVP fokus op werkskepping, betroubare […]
# Die Wes-Kaapse LUR vir Mobiliteit, Isaac Sileku, sê die situasie by verskeie taxistaanplekke is kalm ná die gewelddadige staking vroeër hierdie week, met die meeste taxidienste wat weer tussen 80- en 90-persent aan die gang is. Die geskil tussen die taxi-verenigings CATA en CODETA handel oor roetes, veral die Delft-Epping-roete. Die provinsiale regering het […]
# Die Oos-Kaapse Departement van Vervoer versoek motoriste om uiters versigtig te wees nadat 18 mense binne sewe dae in drie afsonderlike ongelukke gesterf het. Die jongste ongeluk het gisteroggend ses lewens geëis toe ‘n vragmotor met sowat 30 passasiers op ‘n grondpad naby Bizana omgeslaan het. Die LUR vir Vervoer, Xolile Nqatha, beskryf die […]
# Motorsport: Die sewemalige wêreldkampioen, Lewis Hamilton, het sy eerste wegspringplek vir Ferrari in die Meksikostad Grand Prix verower. Dit was sy eerste wegspringplek sedert die Hongaarse Grand Prix in 2023. Hamilton was vinniger as George Russell van Mercedes wat vandag in die tweede plek sal wegspring, met Charles Leclerc, derde. Kimi Antonelli van Mercedes, […]