# Jong entrepreneurs het G20-leiers dringend gevra om klimaat-optrede te versnel. Meer as 600 afgevaardigdes van alle G20-lande het onlangs die G20-beraad vir jong entrepreneurs in Gauteng bygewoon. Die beraad het tasbare uitkomste beklemtoon, insluitend die bekendstelling van programme wat optrede kan versnel, aanbevelings oor beleid, en beleggingsgeleenthede en ‘n ekonomiese handves van die jeug. […]
# Conservative activist Charlie Kirk’s widow, Erika, says she forgives the man charged with her husband’s murder. Twenty-two-year-old Tyler Robinson was formally charged last week with seven counts, including murder and obstruction of justice. Kirk was shot dead during an event at Utah Valley University. Speaking at her husband’s memorial service in Arizona on Sunday, Erika […]
# Die Forum vir Suid-Afrika sê hy het meer as 20-duisend aansoeke ontvang vir sy Werksoekers-hulpprogram in Hammanskraal. Die program is verlede week bekendgestel vir jong mense in Ramotse, Marokolong, Kekana Gardens en Refilwe. FOSA-leier, Tebogo Mashilompane, sê hierdie oorweldigende aksie beklemtoon die groot werkloosheidkrisis in die land:
# Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, lei vandag die amptelike oorhandiging van die Vaalputs-kernafvalfasiliteit in die Noord-Kaap. Tydens die oorhandiging word die bedryfsverantwoordelikheid vir die Vaalputs-fasiliteit van die Suid-Afrikaanse Kernenergiekorporasie na die Nasionale Instituut vir die Verwydering van Radioaktiewe Afval oorgedra. Die departement sê Vaalputs speel ʼn strategiese rol in Suid-Afrika se […]
# Die DA het die Kommissaris van die Staatsdienskommissie, professor Somadoda Fikeni, skriftelik versoek om die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, se aanstelling van drie nuwe administrateurs van die Sektor Onderwys en Opleidingsowerheid om te keer. Die aanstelling van Oupa Nkoane in die Konstruksie-Seta, Lehlogonolo Masoga in die Dienste-Seta en Zukile Mvalo […]
# Die premier van KwaZulu-Natal, Thamsanqa Ntuli, sê hy is bekommerd dat die meeste munisipaliteite in die provinsie hoegenaamd nie gereed is vir klimaatsverandering nie. ‘n Onlangse studie deur Wits toon in besonderhede hoe stygende temperature wêreldwyd weerpatrone aan Suid-Afrika se ooskus beïnvloed, veral in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap, wat die kans vir, en omvang […]
# Die GOOD-party sê die bedanking van die beleërde menslike hulpbronbestuurder van die Stellenbosch-munisipaliteit, Alexander Kannemeyer, om hom van aanspreeklikheid te vrywaar, is onaanvaarbaar. Hy het verlede week as waarnemende direkteur van korporatiewe dienste bedank, wat beteken die raad kan hom nié ingevolge die Wet op Munisipale Stelsels skors nie. Dit volg op ‘n video […]
# ActionSA in Johannesburg het kommer uitgespreek oor burgemeester Dada Morero se besluit om sy selfopgelegde spertyd van sewe dae om water aan Coronationville, Westbury en omliggende gebiede te lewer, te verleng. Die burgemeester het verlede week erken dat ingrypings, insluitend om water na ander woonbuurte te verminder en na die Hursthill 1- en 2-reservoirs […]
# Die Forum vir Onafhanklike Finansiële Adviseurs sê hy is ontsteld oor die Stad Tshwane voortgaan met ‘n onreëlmatige en onwettige tender vir die aanstelling van ‘n enkele mediesefonds-makelaarsfirma vir die metro se werknemers. Die forum het die burgemeester, Nasiphi Moya, verlede maand skriftelik in kennis gestel dat die tender strydig is met die regulasies […]